“…en as ek voor jou staan sal ek weet: Na jou liggaam is ek geskape, na jou naat gevorm.
Jou denke sal myne omhels. Jou begin sal my begin wees, jou einde my einde…
En as ek die dag my hand in joune sit sal ek my padkaarte bêre met die wete:
My reise opsoek na jou is nou verby.”